17 Feb 2017 - 18 Feb 2017
From R120 per person
Book ticketsCasper de Vries beskryf sy vertoning Alive & Vrolik as meer teatraal en intiem as vantevore. Hy het die einste vertoning reeds aan vol sale regoor Suid Afrika aangebied. “Nou gaan ek in my sitkamer wees. Ek gaan op-en-af loop, want ek kan. Dit voel vir my soos my huis,” se De Vries oor hierdie vertoning. Ons weet as Casper jou na sy sitkamer nooi, is daar geen reels: ALLES EN ENIGE IETS IS MOONTLIK!
Ek probeer baie van my karakters insluit dat dit `n lekker spektrum vir almal bied.
Casper het ook die `Comics Choice Lifetime Achiever` toekenning ontvang in 2016 en sy aanhangers is opgewonde om hom terug te verwelkom na `n breek van 3 jaar! Alhoewel sy vertoning hoofsaaklik in Afrikaans is maak hy ook voorsiening vir sy nuwe aanhangers wat hy vermaak het met “The Casper Radio Show” op Cliff Central. Oplettend, snaaks, absurd, histeries en enige een in sy soort: Casper die Vries is terug in volle vaart en mag nie gemis word nie!